Eunice-sprekers blink vanjaar uit in die ATKV-Redenaarskompetisie

Die Vrystaat Finaal van die ATKV-Redenaarskompetisie het op 31 Mei in Kroonstad plaasgevind en Eunice se opkomende talent was in die meeste afdelings sigbaar. Die harde werk, groei en prestasie van dié leerders wat daagliks in Engels onderrig ontvang en dan in ‘n Afrikaans Redenaarskompetisie uitblink, is ‘n uitsonderlike prestasie.

Seniors en Juniors wat tydens die Vrystaat Finaal onder die Top10-sprekers in hulle onderskeie afdelings eindig, is die volgende:
GR. 8 – 9 Afrikaans Huistaal Voorbereid: Sunica Bruwer (7de)
GR. 8 – 9 Afrikaans Huistaal Onvoorbereid: Elke du Plessis (8ste)
GR. 10 – 12 Afrikaans Addisionele Taal: Alanis Avarez Arenda (5de) en Teagan Regal (9de)
GR. 10 – 12 Afrikaans Huistaal Voorbereid: Katelyn van der Merwe (2de) en Jacolette Wessels (3de)

Agter: Charné Weyers, Katelyn van der Merwe en Jacolette Wessels Voor: Teagan Regal, Nicola Jordaan en Alanis Avarez Arenda

Van links na regs: Sunica Bruwer, Heike Hecter en Elke du Plessis